Site Under Construction
• Datum: 29 Augustus 2026
• Plek: Hoërskool Ficksburg, Langstraat
• Tyd: Vanaf 08:00
• Kleredrag: Semiformeel met jou mooiste en uitspattigste hoed. Daar is heerlike pryse op die spel!
• Koste: R300 per persoon. Jou kaartjie sluit die optredes deur Lizz Meiring en Ansie Fourie, asook heerlike sop en broodjies in.
• Bring saam: ’n Niebederfbare voedselitem of versorgingsproduk as skenking aan die Tetelesti Hospice.
• Klik hier om jou kaartjie te koop
Skud jou vere reg vir feestelike vroueoggend in Ficksburg 👒
Haal jou mooiste en uitspattigste hoed en juwele uit die kas, want op 29 Augustus wag ’n onvergeetlike vroueoggend vol lag, kuier en inspirasie! Dié geleentheid, wat ten bate van die Tetelesti Hospice by Hoërskool Ficksburg aangebied word, beloof om een vir die boeke te wees.
Die geliefde aktrise en komediant Lizz Meiring bring haar splinternuwe solostuk, Die Real Housewife, na Ficksburg. Hierdie skreeusnaakse produksie, vervaardig deur Artist Warehouse, werp ’n humoristiese blik op die wêreld van realiteitstelevisie, glans, status en die vraag: Wie is die éintlike “real housewife”?
Met haar kenmerkende vlymskerp humor en warm aanslag skep Lizz ’n onvergeetlike karakter wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glanswêreld beskou. Die gevolg is ’n vertoning wat jou laat skaterlag, maar jou ook laat nadink oor identiteit, stereotipes en die beeld van die “perfekte” vrou.
As bonus gaan Ansie Fourie, een van Ficksburg se eie geliefde persoonlikhede, ook die oggend saam met ons deurbring en vir vermaak sorg. Benewens die humoristiese en hartlike vermaak, is daar ook heerlike snuffelstalletjies met alles en nog wat om te koop.
Jou kaartjie sluit die optredes deur Lizz Meiring en Ansie Fourie, asook heerlike sop en broodjies in.
Waarvoor wag jy? Los die kinders by jou man, nooi jou vriendinne saam en kom geniet ’n welverdiende blaaskans. Vier saam met ons die vreugde van vrouwees – met lag, styl en goeie geselskap – én ondersteun ’n wonderlike en waardige saak!